send link to app

Dare2Share Kinders app for iPhone and iPad


4.6 ( 9856 ratings )
Lifestyle Entertainment
Developer: Hermann Kuschke
4.99 USD
Current version: 1.0, last update: 7 years ago
First release : 26 Oct 2015
App size: 5.12 Mb

Hierdie app daag ouers uit om konflik-vrye alleentyd met hulle kinders deur te bring op n individuele basis. Die kaarte skep n platform waar jou kinders hulle eerlike opinies, behoeftes, en gevoelens kan kommunikeer.

Hoekom is kommunikasie nodig? Kinders het nodig om individuele tyd met hulle ouers deur te bring, sonder n broer of suster. Hierdie gehalte alleentyd met n ouer maak dat die kind geliefd voel asook spesiaal en veilig. Enige kind het n behoefte dat sy/haar opinies en behoeftes gehoor en gerespekteer word al stem hulle ouers dalk nie saam nie. As ouers hulle kinders toelaat om hulle frustrasies, gevoelens, en behoeftes eerlik oor te dra, skep hulle n platform waar kinders veilig voel om eerlik met hulle ouers te kommunikeer. Ouers help so hulle kinders om ook oor negatiewe goed in n gesonde manier te kommunikeer en daarom leer kinders om gevoelens te verwerk in plaas van om dit te onderdruk.